Informasie

Die naam Kupferquelle is Duits en beteken ‘koper fontein.’ Die naam verwys na die ryk koper bronne waarvoor Tsumeb bekened is, en die naam is gegee destyds toe Namibie nog onder Duitse beheer was en bekend gestaan het as Suid-Wes Afrika. Selfs die Hai||kom Boesmans wat nog al die jare in die area bly, was bewus van die ryk koper bronne en het die area die naam ‘tsomsoub’ gegee, wat beteken ‘om ‘n gat in die grond te grawe.’ (Bron: Wikipedia).

Die Kupferquelle Oord word besit deur die Henning familie en was ontwikkel om ‘n toeriste hoogtepunt in Namibie te wees. Aandag is gegee aan die kleinste details en die Henning familie se passie vir toerisme asook vir die dorp, Tsumeb, is wat maak dat Kupferquelle vandag ‘n pragtige spog-oord is.